Man met die Koffer
n Gedig deur Berna van Zyl
Vanoggend word ek wakker.
Daar is n gehammer aan die deur.
Ek sluit die voordeur oop.
Daar staan hy
Met sy koffer in sy hand,
Gedaan...
Meneer Verlange.
Ek huiwer vir n oomblik.
Moet ek hom inlaat?
Hy het seker net soveel reg om
hier te wees soos ek.
Ek nooi hom in.
“n Koppie koffie vir jou?”
Ons sit in ons nuwe sitkamer.
Ons kyk na mekaar met groot oe
vol trane.
Dit is ongemaklik.
Dit is seer.
Ek verskuif my blik na sy koffer.
“Wat is in jou tas?”
Hy haal n foto uit.
Dit is ek in my ouma se rok
Op my pa se plaas –
Of eerder:
Dit was ek in my ouma se rok
Op die plaas wat my pa sin was.
Ek vra hom om asb die foto terug
te vat.
Ek begin wonder...
“Het jy dalk my lapsker in daai
koffer?”
Erens langs die pad,
Die groot trek,
Het ek my lapsker verloor.
Hy herriner my dat die lapsker in
die boks is.
Die boks wat ek nog nie wil
uitpak nie.
Die boks wat lees:
‘Lapsker, kamera, Elle, passie,
talent...’
Met ander woorde
‘Verlede’.
Ek bid saggies en vra die Here:
“Asseblief hou díe boks in gedagte
wanneer U my toekoms beplan.”
Ons was n oomblik stil.
Toe vra hy my oor my nuwe
vriende.
“Is dit moontlik om so vinnig
lief te word vir mense?
Ek het niks,
My hande is leeg en my hart is
rou.
Al waavoor hulle kon lief word
was die Berna van nou.”
Ek kyk na hom.
Ek sien my eie emosies in sy oe.
Ek onthou die seer van vorige
vriendskappe.
Ek wil opstaan en die berge in
hardloop!
Maar dit is te laat.
Hierdie mense is klaar in my
hart.
“Hoe haal n mens negentien jaar
in?”
Ek wil my vriende aan hom voorstel,
Met die hoop dat hulle so my
verlede sal leer ken.
Maar hy sê nee.
Hy is hier,
Net vir my.
Hy sê met tyd sal hulle die
negentien jaar –
Die vorige negentien jaar deur my
leer ken.
Hy vra my oor die plaas.
“Dit was liefde met eerste
oogopslag.
Maar ek en Breedevlei ken mekaar
nog nie.
Ek moet nog baie kilometers stap,
Nog baie seisoene voel
En nog baie liters water drink
Voor ons werklik saam kan staan.”
Hy vra my oor die weer.
“Pappa se dit voel soos herfs,
Winderig en droog.
Dit is so.
My hart voel ook herfs.
Maar dit is asof my God belowe
dat somer oppad is.
Want dis Oktober,
(Die mooiste mooiste maad)
Dit is nou tyd vir lente.
Die eerste lente na sewe jaar se
winter.
Soos ons gesels begin die
negatiwiteit weg syfer.
Ek gooi nog n bietjie soet
heuning in my bitter koffie.
Hy vra nie meer vra nie.
Uit my eie uit begin ek vertel.
Hom vertel van al my nuwe
ervarings...
Bloukraanvoëls,
Stap op die strand,
Wyn leer ken,
Fynbos,
Stock cars,
Afrikanse musiek,
My eie taal op die plaas,
Tennis speel,
Winde in die Overberg,
Hoofstraat geluide...
Ek sluk die laste bietjie koue
koffie.
Toe ek opkyk
Met n glimlag wat nie wil los
nie,
Is hy weg.
Verlange is weg.
Die koffer vol herrineringe het
hy laat staan,
Asook sy vuil koffie beker.
Maar hy is weg.
Ek weet nie waarheen hy verdwyn
het nie.
Weet nie of hy weer terug sal kom
nie...
Comments
Post a Comment